‘SA het oor 2 j. meeste Somaliese vlugtelinge’

South Africans loot a Somali owned business, following xenophobic attacks on foreigners in Du Noon, Cape Town, South Africa, 23 May 2008. Xenophobic attacks on foreign nationals has spread across the country with several areas in the Cape Town metropole now affected. More than 40 people have died with hundreds injured and thousands displaced after a week of violent attacks on foreign nationals.

South Africans loot a Somali owned business, following xenophobic attacks on foreigners in Du Noon, Cape Town, South Africa, 23 May 2008. Xenophobic attacks on foreign nationals has spread across the country with several areas in the Cape Town metropole now affected. More than 40 people have died with hundreds injured and thousands displaced after a week of violent attacks on foreign nationals.

Kaapstad

Suid-Afrika gaan Brittanje binnekort verbysteek as die land met die grootste aantal Somaliese vlugtelinge ter wêreld.

Só het kenners hier in die parlement gewaarsku.

Daar is tans meer as 300000 Somaliërs in Brittanje, het prof. Iqbal Jhazbhay van Unisa se departement vir godsdienstige studies eergister gesê.

“Suid-Afrika het geen keuse as om aandag aan die Somaliese kwessie te gee nie. Volgens die plaaslike Somaliese gemeenskap se eie berekeninge is daar tans tussen 100000 en 120000 Somaliërs in Suid-Afrika.

“As ons die huidige trek van Somaliese vlugtelinge na Suid-Afrika in ag neem, raam ek dat die Somali-gemeenskap in die land binne twee jaar groter sal wees as dié in Brittanje,” het Jhazbhay in ’n voorlegging aan die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge gesê.

Die DA het gister gesê die R8 miljoen waartoe die regering hom vir humanitêre hulp in Somalië verbind het, is nie genoeg om werklik ’n verskil te maak nie.

“Gegewe die lening van R2,5 miljard wat ons pas aan Swaziland toegestaan het om hom van die gevolge van sy eie geldelike wanbestuur te red, behoort ons ’n groter skenking aan Somalië te oorweeg,” het mnr. Stevens Mokgalapa, DA-LP, gesê.

Ook die organisasie Gift of the Givers het eergister kaalvuis onder die regering ingeklim oor die “skamele” R4 miljoen wat vir sy werk beloof is, maar waarvan hy nog niks ontvang het nie.

“Wat is R4 miljoen? Dit stuur ’n bars boodskap dat ons nie omgee vir Afrika nie,” het dr. Imtiaz Sooliman, stigter en voorsitter van Gift of the Givers, gesê. Hy en sy span het Dinsdag ná ’n noodsending van agt dae uit Somalië teruggekeer.

Sooliman het gesê ’n aardbewing wat duisende mense in ’n oomblik kan uitwis, is beter as die pyn van ’n ma wat weke lank moet aanskou hoe haar kinders een-een wegkwyn.

Die adjunk-minister van internasionale betrekkinge en samewerking, mnr. Marius Fransman, het gesê Gift of the Givers is nie die enigste organisasie aan wie die regering hulp bied nie.

Volgens hom moet die geld noodgedwonge deur die regering se finansiële stelsels gevoer word, maar dit sal “binne dae” oorhandig word.

Gepos Bon Carolyne Ahiambo Ngara vlugtelinge in Suid-Afrika