Vlugtelinge in SA ‘is geregtig op Grondwet se beskerming’

South African President Zuma gestures during a news conference in Pretoria

Kaapstad – Vlugtelinge is geregtig op die volle beskerming wat die Grondwet bied en geniet bykans identiese regte as Suid-Afrikaners.

Só het adv. Jacques du Preez, operasionele bestuurder van die F.W. de Klerk-stigting, gister ge­reageer op onlangse uitlatings deur die ANC-LP me. Maggie Maunye oor buitelanders in Suid-Afrika.

Sy het onder meer ná ’n besoek aan ’n vlugtelingsentrum in Maitland gesê sy wonder “of daar nog enigiemand oor is in Somalië” en ook “hoe lank Suid-Afrika nog die instroming van mense gaan duld”.

Haar uitlatings het veral geskok, aangesien dit skaars ’n dag of twee was nadat twee Somaliërs in Delft vermoor is. Maunye het kort daarna om verskoning gevra.

In ’n ontleding oor die regsposisie van vlugtelinge in Suid-Afrika het Du Preez gesê die Grondwet is van toepassing op alle mense wat binne die landsgrense is.

“Hoewel sekere regte (soos om te stem) slegs van toepassing sal wees op sekere groepe mense of begunstigdes, geniet byna almal dieselfde regte, ongeag of hulle Suid-Afrikaanse burgers is.

“Die Grondwet se onderliggende waardes van menswaardigheid, gelykheid, die bevordering van menseregte en vryhede, nie-rassigheid en nie-sekisme is van toepassing op vlugtelinge.

“Wat buitelanders betref, is dit onaanvaarbaar om uitsprake te maak wat kan lei tot die skending van hierdie regte.”

Onlangse studies het gewys werklose Suid-Afrikaners se misnoeë jeens buitelanders wat hulle glo werksgeleenthede kos, is ’n belangrike oorsaak van die mees onlangse xenofobiese aanvalle.

Ander studies het egter volgens Du Preez gewys die meeste buitelanders werk vir hulself.

Volgens hom onderskryf Suid-Afrika die Verenigde Nasies se konvensie oor die status van vlugtelinge en is dus verplig om diegene wat in hul gebied is, te beskerm.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s